AVBOB | Lewensleer

BYLAAG 2 LEWENDE TESTAMENT Hierdie dokument dien as lewende testament waarin u wense bekend gemaak word. Dit kan benut word wanneer u nie meer in staat is om self te kommunikeer nie. Hierdie dokument stel u naasbestaandes in staat om u laaste wense uit te voer. Hierdie lewende testament en verklaring word deur my, ID , ná versigtige oorweging en terwyl van gesonde verstand, gemaak. Mediese behandeling lndien die tyd sou aanbreek dat ek nie meer besluite rakende my mediese behandeling self kan neem nie, kan hierdie verklaring as my wens uitgevoer word. Indien daar geen redelike vooruitsig vir my herstel ná ongesteldheid van liggaam en gees is nie, en as dit wil voorkom dat die gevolge van my siekte vir my baie lyding gaan veroorsaak en my sal verhinder om ’n rasionele bestaan te voer, is dit my wilsbeskikking dat ek toegelaat sal word om met waardigheid te sterf. Ek weier hiermee om my toestemming te gee om deur kunsmatige metodes aan die lewe gehou te word, inslui- tende enige pasaangeër, asook enige vorm van buisvoeding wanneer ek sterwend is. Ek versoek dat slegs die nodige hoeveelheid doofmiddels en binneaarse vloeistowwe toegedien sal word om my vry van pyn en lyding te hou, al sou dit beteken dat die sterwensuur daardeur verhaas sal word. Hierdie verklaring is deur my geteken te op hierdie dag van 20 in die teenwoordigheid van en Orgaanskenking Hiermee gee ek toestemming dat indien my organe, naamlik my niere, lewer, hart, beenmurg, korneas en enige weefsel, in ’n gunstige toestand is ná my afsterwe dit geskenk mag word aan iemand wat dit mag benodig. Hierdie verklaring is deur my geteken te op hierdie dag van 20 in die teenwoordigheid van en Afskrifte van hierdie dokument moet deur u naasbestaandes, dokter en aftreeoordbestuur gehou word (indien van toepassing).

RkJQdWJsaXNoZXIy MTA0MzI=